Woord vir Vandag - 18 Mei 2025

Loading player...
“’n Pa van ‘n kind wat reg doen, het rede vir blydskap…” Spreuke 23:24 NLV
Die kinders hou jou dop (2)
As ouer wil jy graag hê dat jou kinders goed moet uitdraai en die beste manier om dit te doen, is deur voorbeeldige gedrag tuis te vertoon (sien Efesiërs 5:1). Leer om nee te sê. Susan Alexander Yates sê: ‘Daar is eenvoudig te veel eise en keuses en te min tyd. Volwassenheid beteken om te leer om iets wat jy regtig graag wil doen uit te stel, om sodoende op iets belangriker te kan fokus. Miskien stel jy daardie loopbaangeleentheid uit sodat jy meer tyd saam met jou kinders kan hê, of daardie uitstappie saam met jou vriende sodat jy daar is wanneer jou tieners hul vriende by jou huis onthaal. Miskien moet jy vir nog ‘n skoolsport ‘nee’ sê, sodat jou gesin saam aandete kan eet. Vra jouself wat oor 10 jaar gaan saak maak - dat jy jou kind vir nog ‘n aktiwiteit ingeskryf het en aande apart deurgebring het, of ‘nee’ gesê het en sodoende saam as gesin aandete geëet het? Jaag Christus met nuwe krag na. Ek bid koning Dawid se gebed: ‘Help my om weer opgewonde en bly te wees. Help my om te jubel van vreugde…’ (Psalm 51:10 DB). Besluit om daardie vreugde te herwin. Verander jou alleentyd met God. Besluit op ‘n nuwe onderwerp in jou Bybelstudie. As jy nog steeds afgerem voel, vra God om vir jou die rede te wys. Is daar sonde in jou lewe wat jy ignoreer? ’n Verkeerde verhouding, selfbejammering, jaloesie?’ Die Bybel sê: ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus…’ (Hebreërs 12:1-2 NLV). Wees altyd bewus dat die kinders jou dophou.
17 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min