Woord vir Vandag - 17 Mei 2025

Loading player...
“…want so maak kinders wat ’n liefdevolle Vader het…” Efesiërs 5:1 DB
Die kinders hou jou dop (1)
Susan Alexander Yates bied vir ons Skriftuurlike riglyne aan oor hoe om invloed oor ons kinders uit te oefen. 1) Ryk na nie-Christene uit. As jy wil hê dat jou kinders in geloof moet groei, moet jy hulle aan mense wat geloof nodig het, blootstel. God het ons geroep om sout en lig vir die aarde te wees (sien Matteus 5:13-16), maar dit sal nie gebeur as jy al jou vrye tyd saam met gelowiges deurbring nie. Kinders is ook meer geneig om na ander uit te reik wanneer hulle ‘n voorbeeld daarvan by die huis sien. Om uit te reik kan skrikwekkend voel, maar wanneer jy dit waag, sal God op opwindende maniere deur jou werk. 2) Bewys dankbaarheid. Niemand, insluitend God, geniet ‘n kind wat neul nie. Wanneer ons Hom waardeer, behaag dit sy hart. Kinders neem jou houding waar.Wanneer jy aanhoudend kla, sal hulle meer geneig wees om te neul. Wanneer jy op die negatiewe fokus, leer hulle om op dit wat kortkom, te fokus. 3) Maak tyd vir jou eggenoot. Ons raak besig met die kinders, die werk en aktiwiteite by die kerk en dink dat ons tyd met ons eggenoot sal bestee wanneer dinge gekalmeer het. Die probleem is dat dit nooit doen nie. Moenie dat die onkruid van sogenaamde belangrike dinge, jou verhouding verwurg nie. Jou kinders se sekuriteit word op die wete dat jy hulle liefhet gebaseer, maar dit kry vlerke wanneer hulle weet dat julle vir mekaar lief is! Die Bybel sê: ‘…’n Wyse kind verskaf sy ouers groot vreugde’ (Spreuke 23:24 NLV). Jy maak die volgende generasie groot en hulle moet weet dat ‘n gelukkige huwelik tyd en inspanning verg.
16 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min