Woord vir Vandag - 16 Mei 2025

Loading player...
“Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms!” Jesaja 8:20 AFR83
Wees getrou aan die Skrif
Toe hulle gevra is of hulle glo dat die Bybel die geïnspireerde en onfeilbare Woord van God is, het die meerderheid van sestien- tot nege-en-twintig-jariges in Amerika geantwoord: ‘Ja. Maar as jy nie die Woord uitleef nie, het jy nie die reg om dit aan my te verkondig nie.’ Dit is ‘n eerlike reaksie! Dink daaraan: Wie het die eerste leuen wat ooit opgeteken is vertel? Satan. In die tuin van Eden het hy vir Eva oortuig dat dit reg is om van die verbode vrugte te eet en dat God nie regtig dit wat Hy gesê het, bedoel het nie. Hy smous steeds met dieselfde ou leuen! Jy hoor dit in opmerkings soos die volgende: 1) ‘Jy kan die Bybel op baie verskillende maniere interpreteer.’ Dit klink redelik, totdat jy die volgende lees: ‘Julle moet veral weet dat geen profesie van die Skrif ontstaan het deur die profeet se eie insig nie… Inteendeel, dit was die Heilige Gees wat die profete God se woorde laat verkondig het’ (2 Petrus 1:20-21 NLV). 2) ‘Dit maak nie saak wat jy glo nie, solank jy net opreg is.’ Wat as jy opreg verkeerd is? As ‘n dokter vir iemand die verkeerde medisyne sou voorskryf, kan dit daardie persoon doodmaak, eerder as genees. 3) ‘Jy moet eerder niks sê as om iemand aanstoot te gee nie.’ As daardie persoon se huis aan die brand was, sou jy hulle nie waarsku om sodoende hulle lewe te red nie? Voor Hy verraai is, het Jesus gesê: ‘…Julle vertroue in My gaan geskok word, en julle gaan almal julle rug op My draai…’ (Markus 14:27 NLV). Die waarheid maak seer, maar dit genees, so laat ons getrou aan die Skrif wees.
15 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min