Woord vir Vandag - 14 Mei 2025

Loading player...
“...niemand behalwe U kan dié wat magteloos is, help teen dié wat magtig is nie…” 2 Kronieke 14:11 NLV
Plaas God tussen jouself en jou vyand
Toe hy voor ‘n vyand wat hy nie op sy eie kon oorwin nie te staan kom, het koning Asa gebid: ‘…’Here, niemand behalwe U kan dié wat magteloos is, help teen dié wat magtig is nie. Help ons, Here ons God, want ons vertrou op U alleen. Dit is in u Naam dat ons teen hierdie hordes stelling ingeneem het. Here, U is ons God; moenie dat blote mense teen U seëvier nie!’ Die Here het die Kussiete voor Asa en die leër van Juda verslaan sodat hulle gevlug het’ (verse 11-12 NLV). F.B. Meyer skryf: ‘Herinner God aan sy belofte: ‘…niemand behalwe U kan dié wat magteloos is, help teen dié wat magtig is nie.’ Die beproewing waarvoor Asa te staan gekom het was enorm. Daar was ‘n miljoen gewapende mans langs driehonderd strydwaens wat teen hom wou veg. Dit het onmoontlik gelyk om teen daardie groot menigte staande te bly. Daar was geen bondgenote wat hom sou help nie; sy enigste hoop het dus op God gerus. Dit mag wees dat jou moeilikhede so erg geword het dat jy nie meer op die mense wat jou in kleiner beproewinge bygestaan het, kan steun nie; al wat oorbly is om jou aan die genade van die Almagtige te onderwerp. Plaas God tussen jouself en die vyand. Asa het geglo dat God tussen die leër van Serag, die Kussiet, en homself sou kom staan. Hy het hom ook nie misgis nie, want die Here het die Kussiete voor Asa en sy leër verslaan. Ons God kan onverwagte versterkings op enige oomblik om sy mense te help, ontbied. Glo dat Hy tussen jouself en jou vyand staan. Die moeilikheid sal dan soos wolke voor die stormwind vlug.’
13 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min