Woord vir Vandag - 13 Mei 2025

Loading player...
“…hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.” Jeremia 2:13 NLV
Net Jesus kan jou siel bevredig
Dit is deel van ons natuur om dinge te begeer. Ons hou aan om te begeer net soos wat ons aanhou om ons volgende asemteug te neem. Die probleem is dat wanneer ons die dinge kry wat ons begeer, bring dit nie die geluk waarna ons smag mee nie. Dus bly ons na meer en meer dinge soek. Volgens een teoloog is die probleem egter as volg: ‘Ons kan nie genoeg kry van dit wat ons nie nodig het nie. Maak nie saak hoeveel ons het nie, dis nooit genoeg nie. Daar is geen blywende sielsbevrediging nie. Ek het ‘n advertensie met die opskrif: ‘Gister het ek nie geweet dit bestaan nie; vandag kan ek nie daarsonder lewe nie,’ gesien. Dit word die mite van meer genoem, die mite dat meer op die ou einde genoeg sal wees. As ons hierdie mite glo, bestee ons ons lewens op soek na die volgende ding. Dit kan ‘n motor, of ‘n promosie, of die liefde van ‘n pragtige vrou of aantreklike man, wees. Dit kan, afhangend van jou ouderdom, ‘n iPod, of ‘n Lamborghini, of ‘n Barbiepop wees. Ons bly hoop dat die volgende ding dit waarna ons soek - die bron van ware bevrediging vir ons siele - sal wees. Vir ‘n paar minute, of dalk dae, ervaar ons ware sielsbevrediging. Dan vervaag dit. Dit vervaag altyd.’ Net Jesus kan ons bevredig; alles anders stel net teleur. God het gesê: ‘My volk het twee sondes gedoen: Hulle het My verlaat, die fontein wat lewe gee, en hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.’ As jy moeg is daarvoor om ‘n leë lewe te lei, kom na Jesus toe. Hy sal jou nie teleurstel nie.
12 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min