Woord vir Vandag - 12 Mei 2025

Loading player...
“…voed hulle op met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra.” Efesiërs 6:4 NLV
Gebore om te glo (2)
Ouerskap eindig nie wanneer jou kind ‘n tiener word nie. Tieners is net meer mobiel, bestee minder tyd saam met jou en is meer onafhanklik. Hulle waardeer en volg nou eerder hulle eweknieë, wat net so onvolwasse soos hulle is, na. Selfs wanneer jy morele en geestelike fondamente in hul vroeë jare gelê het, sal dinge gebeur wat jou laat vra: ‘Wat het gebeur? Waar het ek verkeerd opgetree?’ Adolessensie het gebeur! Dis hoe die tiener se brein werk; dit is so bedraad. Hul frontale lobbe - die deel van die brein wat aan morele ontwikkeling, emosionele reaktiwiteit, impulsbeheer en besluitneming gekoppel is - is nog nie ten volle ontwikkel nie. Hul frontale lobbe sal nie voor hul twintigs, en soms selfs later, klaar gegroei wees nie. Wat het intussen van al daardie Bybelverhale en jou pogings om godvrugtige oortuigings daaruit te bou, geword? Dit is alles steeds daarbinne, tydelik verlore in daardie ontluikende lobbe! Die geloofstelsels wat jy hulle vroeër help bou het, word nie uitgevee nie - dit lê net dormant totdat hul nuwe ‘gesonde verstand’ breinselle arriveer. Dit sal weldra gebeur! Jou taak is om paniek te vermy, te bid, God toe te laat om aan hulle te werk, hulle onvoorwaardelik lief te hê en hulle anker te wees. Staan vas en leef volgens jou beginsels. Toon empatie, maar leer hulle hoe hul besluite ander mense raak. Help hulle om selfbeheersing te leer deur hulle toe te laat om die gevolge van hul dade te hanteer! Wees geduldig, ondersteunend en gee nooit met hulle op nie. Jy het die sade van God se Woord in hulle gesaai, en jy sal ‘op die regte tyd oes’ (Galasiërs 6:9 NLV)!
11 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min