Woord vir Vandag - 10 Mei 2025

Loading player...
“Vir julle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem.” Romeine 8:1 NLV
Hoe God jou sien
Wanneer ons verstaan dat God se liefde vir ons op wat Christus vir ons gedoen het, eerder as wat ons self gedoen het, gebaseer is, is die stryd verby. Nou kan ons God dien omdat ons weet dat Hy lief is vir ons en dat ons nie sy liefde hoef te verdien nie. Ons vrees nie meer verwerping deur Hom as gevolg van ons foute nie. Wanneer ons iets verkeerd doen, is al wat ons nou moet doen om ons te bekeer, God se vergifnis te ontvang en die veroordeling wat sonde meebring, te weier. Dis ‘n groot verligting om te besef dat ons ten spyte van ons onvolmaaktheid steeds geliefd en aanvaar is. Om God uit begeerte eerder as verpligting te dien, is ongelooflik bevrydend! Die oomblik wanneer jy jou vertroue in Christus plaas, sien God jou van daardie oomblik af as geregverdig. Hy aanvaar jou nie as gevolg van jou prestasie nie, maar as gevolg van jou verhouding met Hom deur Christus. Jy moet slegs besluit om dit te glo en daarop te staan.’n Bekende predikant skryf: ‘Ons word wat ons glo ons is. Daarom sal ons gedrag verbeter wanneer ons begin glo dat ons deur God aanvaar word. Ons sal dinge op die regte manier en met minder moeite doen. Maak nie saak wat ander mense al vir jou gesê het nie, God geniet dit om deur sy Woord vir jou te vertel wie jy in Hom is - geliefd, waardevol, kosbaar, talentvol, begaafd, bekwaam, kragtig, wys en verlos. Neem ‘n oomblik en herhaal hierdie nege dinge hardop. Sê: ‘Ek is geliefd, waardevol, kosbaar, talentvol, begaafd, bekwaam, kragtig, wys en verlos.’’ Dis hoe God jou sien en dis hoe jy jouself moet begin sien.
9 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min