Woord vir Vandag - 8 Mei 2025

Loading player...
“Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede.” Psalm 37:23 NLV
Raadpleeg God oor jou daaglikse doenlysie
Wanneer jy ‘n daaglikse doenlysie wil opstel wat jou vrede en vreugde verseker, moet jy God raadpleeg. Wanneer jy te veel op jouself neem, stel jy jouself vir mislukking – en stres – oop. As jy wys is, sal jy nie meer as een of twee ‘groot’ dinge ‘n dag skeduleer nie. Die lewe verloop nie glad nie, maak nie saak hoe graag jy dit wil laat glad verloop nie. Maak dus tyd vir onderbrekings, verkeersknope, verlore sleutels, mense wat stadig beweeg, ensovoorts. Wees ook versigtig om te veel dinge op dieselfde tyd te probeer doen. Studies het ‘n verband tussen hoë-stres ‘multitasking’ en korttermyn geheueverlies, ontdek. Navorsers het bevind dat ‘multitasking’ jou minder doeltreffend maak, omdat dit die breinkrag wat jy vir elke taak benodig, verminder. Maak dus seker dat jy een taak voltooi voor jy met ‘n volgende een begin. Om produktief te wees, moet jy gefokus wees. Nog ‘n baie belangrike gedagte: Stiltetyd is noodsaaklik vir sukses! Voor Jesus sy dissipels gekies het, die skare gevoed het en die storm laat bedaar het, het Hy tyd geneem om alleen met God in gebed te wees. Ons doen dit nie altyd nie – en ons resultate wys dit! Ons kies die verkeerde mense, het nie die nodige hulpbronne om aan die behoefte te voldoen nie en word deur die storms van die lewe oorweldig. Die wonderlike ding van gebed is dat jy dit enige plek kan doen – in die verkeer, in die ry by die winkel, wanneer jy middagete geniet, of wanneer jy jou oë in die oggende oopmaak. Aangesien die Here die rigting van jou lewe bepaal, moet jy begin om Hom meer daarby te betrek.
7 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min