Woord vir Vandag - 7 Mei 2025

Loading player...
“…Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.” Efesiërs 3:20 NLV
Gebruik jou verbeelding
Gebrek aan geloof is nie ‘n gebrek aan logika nie; dit is ‘n gebrek aan verbeelding. Gebrek aan geloof is die onvermoë of onwilligheid om gedagtes van ‘n God ‘…wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (vers 20 NLV), te koester. God wil jou verbeelding bemagtig! ‘n Pastoor skryf: ‘As ons ‘n ewige impak op ons kultuur wil hê, kan ons dit nie net kritiseer of kopieer nie. Ons moet dit skep. As ons ons generasie met die evangelie wil bereik, kan ons ons nie net op logika beroep nie. Ons moet hulle verbeelding aangryp. C. S. Lewis is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Kan jy aan iemand dink wat meer linkerbrein-georiënteerd en logies as Lewis was? Sy teologiese geskrifte, soos Mere Christianity tot The Problem of Pain, is so logies as wat logika kan wees. Lewis het egter linkerbrein-logika met regterbrein-kreatiwiteit gekombineer. The Chronicles of Narnia bly die verbeelding van nuwe generasies aangryp. Die kerk behoort die kreatiefste plek op aarde te wees. Daar is beslis oomblikke van vindingrykheid en verbeelding, maar ons behaal nie naastenby ons kreatiewe potensiaal nie.’ Miskien is dit omdat ons ‘n valse definisie van getrouheid het. Getrouheid is nie om iets te doen soos dit nog altyd gedoen word nie. Nee, ons moet nooit die evangelie afwater of Bybelse kompromieë aangaan om relevant te wees nie. Ons boodskap moet nooit verander nie, maar ons metodes moet verander as ons die finale oes wil insamel voor die Here terugkeer.
6 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min