Woord vir Vandag - 6 Mei 2025

Loading player...
“…Sy is ‘n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my.” Romeine 16:2 NLV
Verbintenis. Toewyding. Kommunikasie.
Wanneer dit by die lewe se groot presteerders kom, is die apostel Paulus in sy eie liga. Hy neem egter ‘n hele hoofstuk in die Bybel, Romeine 16, om die mense wat hom gehelp het om sukses in sy roeping te behaal, te erken. Die titel van die hoofstuk kon: ‘Ek kon dit nie sonder jou gedoen het nie!’ gewees het. Paulus begin die hoofstuk deur van Febe te vertel: ‘…Ek beveel haar sterk by julle aan… Sy is ‘n staatmaker wat al baie gelowiges ondersteun het – ook vir my’ (verse 1-2 NLV). President Lyndon Johnson het gesê: ‘Daar is geen probleem wat ons nie saam kan oplos nie en baie min wat ons self kan oplos.’ Toe God vir Adam geskep het, het Hy gesê: ‘…Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n metgesel maak…’ (Genesis 2:18 NLV). Hy het toe vir Eva geskep. Van die begin af leer God ons dat baie min dinge van belang al ooit deur iemand wat alleen optree, bereik is. Kyk onder die oppervlak en jy sal vind dat die meeste prestasies in werklikheid spanpogings was. Daniel Boone het metgeselle van die Transylvania Company tot sy beskikking gehad terwyl hy die Wildernispad uitgelê het. Wyatt Earp se twee broers en Doc Holliday het hom bygestaan. Charles Lindbergh het die finansiering van nege sakemanne van St. Louis en die kundigheid van die Ryan Aeronautical Company, wat sy vliegtuig gebou het, gehad. Selfs Albert Einstein het erken: ‘Ek besef baie keer per dag hoeveel my eie uiterlike en innerlike lewe op die arbeid van my medemens, beide lewende en dooies, gebou is en hoe ernstig ek myself moet inspan om soveel in ruil daarvoor te gee as wat ek ontvang het.’ Die geheim tot sukses kan in hierdie drie woorde opgesom word: verbintenis… toewyding… kommunikasie.
5 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min