Woord vir Vandag - 5 Mei 2025

Loading player...
“…Jesus [vra] vir Simon Petrus.... ‘het jy My lief..?...” Johannes 21:15 NLV
Pak die meetstok weg!
Reimar Schultze sê: ‘Hoe pligsgetrouer ons is, hoe meer gaan ons bed toe met die gevoel dat ons nie honderd persent gegee het nie. Baie mense trap in die strik om hulself van die Here se vreugde en sy vrede wat alle verstand te bowe gaan, te beroof. Ons is almal vertroud met die getuienisse van sommige van die grootste manne van God. Baie van hulle het gedink dat hulle nie vir die taak opgewasse was nie.’ Moses het heeltemal onwaardig en nie in staat om Israel uit Egipte te bevry nie, gevoel. Hoe dikwels het God jou nie al geroep nie en dan het jy dieselfde as Moses gesê nie: ‘Maar wie is ek dan…?... Hoe kan U dit van my verwag…?’ (Eksodus 3:11 NLV). Dink jy dat jy meer as die Een wat jou geroep het weet? Elia was so depressief dat hy uitgeroep het: ‘…Ek het nou genoeg gehad, Here… Neem nou maar my lewe…’ (1 Konings 19:4 NLV). Job het sy geboortedag vervloek, maar tog het die Bybel hom as volg beskryf: ‘Hy het onberispelik geleef, ‘n man met integriteit. Hy het God gedien en nie die verkeerde gedoen nie’ (Job 1:1 NLV). Pastoor Schultze gaan voort: ‘Ons sal altyd in die versoeking kom om ons waarde vir God aan ons prestasies te probeer meet. Ek weier egter wanneer ek gaan slaap, om deur ‘n soort kontrolelys oor hoe ek die dag gedoen het, te gaan. Ek sal eerder vir myself die vraag wat Jesus vir Petrus gevra het vra: ‘Het jy My met jou hele hart, siel, verstand en krag lief?’ Dit is die enigste toets wat ek aan die einde van elke dag wil slaag.’ Dis die toets wat die meeste tel!
4 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min