Woord vir Vandag - 4 Mei 2025

Loading player...
“Daar is ‘n vaste tyd vir alles... ‘n Tyd om op te pas en ‘n tyd om weg te gooi.” Prediker 3:1, 6 NLV
Weet wanneer om te laat gaan
Volharding, vasberadenheid, toewyding en die herkenning van die regte tyd om iets op te pas is prysenswaardige eienskappe, of dit nou is om tyd opsy te sit om elke dag te bid en Bybel te lees, aandete saam met jou gesin te eet, ‘n beter werk te kry, of gewig te verloor. Dit is egter net so belangrik om die regte tyd raak te sien om dinge wat jou keer om ‘n oorvloedige lewe (sien Johannes 10:10) te lei, weg te gooi. Die Bybel sê vir ons om alles af te stroop wat ons spoed kan vertraag (sien Hebreërs 12:1). Is jy nie seker hoe om te begin nie? Een onderwyser stel die volgende voor: ‘Gaan na die hardewarewinkel en koop ‘n plat stoepklip wat in jou aktetas of handsak pas. Neem dan ‘n pen en skryf al die vrese en struikelblokke wat jou keer om die lewe te geniet op die klip neer. Dra dit saam met jou waar jy ook al gaan - eet, werk, televisie kyk, stort, slaap. Dit is moeilik om iets gedoen te kry as jou spiere oortyd werk en al daardie ekstra gewig dra. Aan die einde van die tweede dag (as jy so lank uithou!), gaan sit met jou klip, hersien die lys en neem ‘n doelbewuste besluit om die bekommernisse en laste wat jou energie aftakel, te laat gaan. Gaan sit dan die klip langs jou voordeur neer. Sien jy hoeveel ligter jy voel? Hoeveel makliker dit is om dinge gedoen te kry? Voor jy elke dag die huis verlaat, neem ‘n oomblik om na jou klip te kyk en draai dan om en loop doelbewus weg.’ Dit is wat die Bybel bedoel wanneer ons lees: ‘Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg…’ (Psalm 55:23 NLV).
3 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min