Woord vir Vandag - 2 Mei 2025

Loading player...
“…hulle [het] my verdruk, maar hulle kon nie die oorhand oor my kry nie.” Psalm 129:2 NLV
Moenie breek nie, bons terug (1)
Wanneer veerkragtige mense die bodem tref, breek hulle nie, hulle bons terug. Die apostel Paulus was so ‘n persoon: ‘Op elke manier word ons onder druk geplaas, maar ons is nie verpletter nie; ons is verward, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie’ (2 Korintiërs 4:8-9 NLV). Hoe kan mens dus terugbons sonder om te breek? Deur twee dinge te doen: 1) Wanneer jy nie jou omstandighede kan beheer nie, neem beheer van jou lewe. Toe ‘n rugbesering vir Angela Madsen van die middel af ondertoe verlam het, het sy belowe om alles wat nodig is om weer voluit te lewe, te doen. Gevolglik het sy begin oefen om die eerste vrou met ‘n gestremdheid te wees wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het. Die joernalis Denise Foley skryf: ‘Madsen is wat navorsers ‘veerkragtig’ noem – in staat om terug te bons van enige moeilikheid wat die lewe meebring.’ Sy is een van daardie mense wat ons laat wonder hoe ons sou vaar as ons eie veerkragtigheid getoets sou word. Sou ons terugbons? 2) In plaas daarvan om oor die verkeerde mense in jou lewe te kla, begin vir die regte mense uitkyk. Ned Hallowell het met ‘n bipolêre pa, ‘n stiefpa wat hom mishandel het, ‘n alkoholverslaafde ma en met twee leergestremdhede grootgeword – ‘n geskiedenis wat dikwels ‘n voorloper vir die tronk of ‘n psigiatriese instelling is. Hy het egter voortgegaan om ‘n prominente psigiater, ‘n gelukkig getroude pa en ‘n suksesvolle skrywer te word. Dit het grootliks gebeur omdat hy hom by sy kosskool aan onderwysers wat vir hom omgegee het en hom onder hul vlerk geneem het, geskaar het. Dus, wanneer tye moeilik is, steun op God, neem beheer oor jou lewe en soek die regte mense.
1 May 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min