Woord vir Vandag - 1 Mei 2025

Loading player...
“Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80…” Psalm 90:10 NLV
Hoe lank gaan jy lewe?
Het jy al ooit gewonder hoe lank jy gaan lewe? Die Bybel sê: ‘Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80. Maar selfs die beste daarvan is vol swaarkry en verdriet. Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie’ (vers 10 NLV). Hier is egter drie dinge waarvan jy seker kan wees: 1) Jy kan jou lewe verleng deur aan God gehoorsaam te wees, of dit verkort deur aan Hom ongehoorsaam te wees. Terwyl hy siek was en dood in die gesig gestaar het, het Hiskia gebid: ‘O Here, onthou tog hoe ek altyd probeer het om aan U getrou te bly en om dit te doen wat vir U reg is…’ (2 Konings 20:3 NLV). God het geantwoord: ‘…Ek het jou gebed gehoor en jou trane gesien. Ek sal jou gesond maak… Ek sal nog vyftien jaar by jou lewe voeg…’ (2 Konings 20:5-6 NLV). Maak God nog steeds deesdae mense gesond? Ja, sy Woord sê: ‘Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom… En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word…’ (Jakobus 5:14-15 NLV). 2) Wanneer hulle werk op aarde voltooi is, gaan die verlostes hemel toe. Paulus beskryf die hemel in drie woorde: ‘…verreweg die beste.’ Die argitek, bouer en ontwerper van jou hemelse huis is Jesus, die Een wat gesê het: ‘…Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak’ (Johannes 14:2 NLV). Tuis by Jesus – probeer jou indink hoe wonderlik dit gaan wees. 3) As jy oor die dood bekommerd is, eis God se belofte op: ‘Ek sal hom ‘n lang lewe gee, en hy sal my verlossing sien’ (Psalm 91:16 NLV).
30 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min