Woord vir Vandag - 30 April 2025

Loading player...
“Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig…” 1 Korintiërs 2:14 NLV
Wanneer ander dit nie verstaan nie
Wanneer jy jou geloof met iemand deel en dit lyk nie of hulle dit verstaan nie, moenie moedeloos wees nie, moenie ontsteld wees nie en moenie ongeduldig word nie. Daar word in die Skrif na God se Woord as sade verwys (sien Lukas 8:11), dus maak dit jou ‘n saaier. Om te saai en om te oes het egter elkeen sy eie seisoen. Toe die vinger van God begin het om koning Belsasar se lot op die mure van sy paleis te skryf en geen van sy wyse manne dit kon uitlê nie, het hulle Daniël die profeet geroep. Op daardie stadium was hy basies persona non grata. Daniël was egter gereed toe sy tyd aanbreek. Hier is twee Skrifgedeeltes wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou geloof met iemand deel: 1) ‘Mense wat nog in materiële terme dink, kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig. Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit ‘n geestelike perspektief verstaan word’ (1 Korintiërs 2:14 NLV). 2) ‘Inteendeel, eerbiedig net Christus as die heer van julle lewe. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Maar doen dit taktvol en eerbiedig…’ (1 Petrus 3:15-16 NLV). God het jou geroep om die waarheid van sy Woord met ander mense te deel, maar slegs die Gees van God kan hulle help om dit te verstaan. Jy is nie geroep om iemand te oortuig, te bekeer of te verander nie, maar om die saad van God se Woord te saai en om die res aan God se Gees oor te laat. Wanneer jy jou deel doen, kan jy God vertrou om sy deel te doen.
29 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min