Woord vir Vandag - 29 April 2025

Loading player...
“...skud sy stof van julle voete af…” Markus 6:11 NLV
Skud dit af en beweeg vorentoe
Kom ons wees eerlik, almal van ons wil hê dat ander mense vir ons lief moet wees, ons moet respekteer en ons moet aanvaar. Wanneer mense egter nie gereed is nie of onwillig is om te verander, of nog nie die vreugde en vervulling in Christus ervaar het wat jy ervaar het nie, sal jy dikwels verwerping ervaar. Wanneer jy Jesus volg, is verwerping inderwaarheid gewaarborg. Wat staan jou te doen? Hier is wat Jesus vir sy dissipels gesê het om te doen: ‘…’Wanneer julle in ‘n bepaalde dorp in ‘n huis ontvang word, bly in daardie huis totdat julle weer daarvandaan vertrek. Maar as ‘n plek julle nie wil ontvang of na julle wil luister nie, skud sy stof van julle voete af wanneer julle weggaan. Dit sal dien as teken dat julle daardie plek aan sy lot oorlaat.’ Hulle het gaan verkondig dat die mense tot inkeer moet kom. Hulle het ook baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak’ (verse 10-13 NLV). Wanneer jy dus mense raakloop wat jou nie wil ontvang of na jou luister nie, wees lief vir hulle, bid vir hulle, skud dit af en beweeg vorentoe. Moenie toelaat dat diegene wat nie gereed is om dit wat jy het om te deel te ontvang nie, jou daarvan weerhou om dit na diegene te neem wat wel gereed is nie. Een van Paulus se eerste bekeerlinge in Masedonië was Lidia. Let op wat die Bybel sê: ‘…Die Here het haar hart oopgemaak sodat sy ontvanklik was vir Paulus se boodskap. Sy en die ander lede van haar huishouding is toe gedoop…’ (Handelinge 16:14-15 NLV). Probeer om die volgende te onthou: Jy is die boodskapper en God is die een wat harte oopmaak. Doen jou deel en Hy sal syne doen.
24 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min