Woord vir Vandag - 28 April 2025

Loading player...
“…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.” Romeine 10:20 NLV
Jesus is die antwoord
Die Bybel sê: ‘…Ek is gevind deur mense wat nie na My gesoek het nie. Ek het Myself bekendgemaak aan mense wat nie na My gevra het nie.’ Jy vra: ‘Wat beteken hierdie Skrifgedeelte?’ Dit beteken dat selfs al soek jy antwoorde op die verkeerde plekke, al vra jy die verkeerde vrae en al beweeg jy in die verkeerde rigting, sal Jesus jou onderskep, jou herlei en in jou diepste behoeftes voorsien. Toe die vrou by die put vir Jesus ontmoet het, het sy na die antwoord in verhoudings gesoek. Sy is deur vyf huwelike wat misluk het en het saam met man nommer ses gewoon (sien Johannes 4:18). Toe Saggeus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in materiële dinge gesoek. Toe Paulus vir Jesus ontmoet het, het hy die antwoord in godsdiens gesoek. Hier is sy résumé: ‘Ek is op die agtste dag besny. Ek is ‘n gebore Israeliet, uit die stam van Benjamin. ‘n Egte Hebreër! As lid van die Fariseërs het ek streng volgens Joodse wette gelewe. Ek was fanaties en het die kerk vervolg! Wat die gehoorsaamheid aan wette betref om my saak met God reg te maak, kon niemand ‘n vinger op my lê nie!’ (Filippense 3:5-6 NLV). Veelvoudige verhoudings het nie die vrou by die put bevredig nie, rykdom het Saggeus nie bevredig nie en godsdiens het Paulus nie bevredig nie. Hierdie dinge sal jou ook nie bevredig nie. Wat sal? ‘n Verhouding met Jesus! Vandag sê Hy vir jou: ‘Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV). Vandag is Jesus die antwoord.
24 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min