Woord vir Vandag - 26 April 2025

Loading player...
“Wat julle nodig het, is om te volhard… Dan sal julle ontvang wat God beloof het.” Hebreërs 10:36 NLV
Hou aan bid en glo
Hoe lank moet jy aanhou bid en God vir die antwoord vertrou? Die volgende Skrifgedeelte spreek hierdie vraag aan: ‘Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ‘n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het’ (verse 35-36 NLV). Baie van God se beloftes het spesifieke tydslyne en jy het langtermyn geloof nodig om dit te ontvang. Sien jouself as iemand wat ‘n marathon hardloop en vasbeslote is om die wedloop te voltooi en die prys te ontvang. Jy sê: ‘Ek is nie seker wat God se wil in hierdie saak is nie.’ Wat sê God se Woord? Dis wat jy moet gehoorsaam, waarop jy moet staan en oor jou situasie moet spreek. Vir twintig jaar lank het Abraham na die naghemel gekyk en geglo: ‘Here, U het gesê dat my kinders so baie soos die sterre in die hemel sal wees. Ek weet nie hoe U dit gaan doen nie, want ek is ‘n honderd jaar oud en my vrou Sara is negentig jaar oud. Ek gaan U egter in elk geval glo’ (sien Genesis 15:5-6). Wanneer jy so bid, loop jy die risiko om dwaas in ander mense se oë te lyk. Die ontvangs van wonderdade kan behels dat jy dwaas mag lyk, soos Jesus wat vir diensknegte gesê het om potte met water te vul, terwyl hulle wyn nodig gehad het. Of om klei op ‘n blinde man se oë te vryf sodat hy kan sien. Die bruilofsgaste het egter die beste wyn gedrink, en die blinde het sy sig teruggekry. Hoekom? Omdat hulle op die woord wat Jesus vir hulle gegee het, gestaan het. Jy moet dieselfde doen.
24 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min