Woord vir Vandag - 24 April 2025

Loading player...
“Die pad onder my maak U breed…” Psalm 18:37 NLV
Groei gaan oor vergroting
Lees die volgende Skrifgedeeltes wat oor vergroting handel: ‘Die pad onder my maak U breed…’ ‘[Jabes] was die een wat tot die God van Israel gebid en gesê het: ‘Laat u seën op my rus en vergroot my grond!..’’ (1 Kronieke 4:10 NLV). ‘Maak jou woning groter. Span jou tent wyer… Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in’ (Jesaja 54:2 NLV). God wil jou geestelik, emosioneel en verhoudingsgewys in elke area van jou lewe vergroot. Om egter vergroting te ervaar, moet jy van mense groter as jy leer. Dr John Maxwell skryf: ‘Die eerste tien jaar wat ek doelbewus persoonlike groei nagejaag het, was ek altyd agter en het probeer om in te haal. Ek moes oor die vergelykingsgaping kom. Ek het besef ek moes aan groter en beter leiers buite my eie klein kring blootgestel word, maar toe ek uit my gemaksone stap, was ek geïntimideer. Dit was duidelik dat ek nie in hulle liga was nie. Hulle organisasies was ses keer groter as myne en hulle het baie meer en baie beter idees as ek gehad. Ek was oorweldig en het gevoel of ek verdrink. Ten spyte daarvan was ek bemoedig, omdat ek ontdek het dat groot manne bereid was om hul idees met my te deel. Ek het so baie geleer. Dit was ‘n moeilike oorgang, maar dit was die moeite werd. As jy dus bewus is dat ander beter as jy is, moenie moedeloos word nie. Wees bly ander is daar om jou die pad te help wys. Groei is nie ‘n wiegstoel waarin jy sit nie, dit is ‘n berg wat jy elke dag klim. Daar is egter goeie nuus. Soos Jim Rohn gesê het: ‘Jy kan nie jou bestemming oornag verander nie, maar jy kan jou rigting oornag verander.’’
23 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min