Woord vir Vandag - 23 April 2025

Loading player...
“Want U seën die vromes, Here, u genade is vir hulle soos ‘n skild.” Psalm 5:13 NLV
Verwag vandag God se guns
Die Bybel sê dat God ons sal seën en genade aan ons sal bewys. As jy op die voltooide werk van Christus vertrou, sien God jou as ‘regverdig’ (sien Romeine 3:22). Jy kwalifiseer dus en kan dus bid: ‘Here, ek het u guns vir hierdie werksonderhoud nodig,’ of ‘om hierdie huis te verkoop,’ of ‘om hierdie transaksie aan te gaan,’ of ‘om op hierdie afspraak te gaan,’ ensovoorts. Wees egter voorbereid vir jou ou programmering om in te skop, waar jy oor die woord ‘regverdig’ begin dink; waar jy begin wonder of jou gedagtes, woorde en dade goed genoeg is om God se guns te verdien. Hier is ‘n waarheid wat jy in gedagte moet hou: Die enigste geregtigheid waarop God reageer, is die geregtigheid van Christus. Aangesien Hy jou ‘in Christus’ geplaas het, is jy altyd bevoeg om God vir sy guns te vra en te glo dat Hy dit sal gee. Jy is uit genade gered. Die woord genade beteken ‘onverdiende guns.’ Die wêreld se konsep van guns is misleidend: ‘Sy skuld my ‘n guns,’ of ‘Ek skuld jou geen gunste nie!’ Met ander woorde, die wêreld se konsep van guns word geheel en al op prestasie gebaseer. Die enigste prestasie waarna God egter kyk wanneer dit by die toekenning van sy guns aan jou kom, is Christus se optrede namens jou en die feit dat jy volkome op Hom vertrou. Sy lewe en sterfte aan die kruis bedek al jou sondes. ‘Inderdaad, God het Abraham regverdig verklaar omdat hy in Hom geglo het!.. Dit wil ook vir óns verseker dat ons net so vrygespreek sal word as ons in Hom glo wat Jesus ons Here uit die dood opgewek het’ (Romeine 4:22,24 NLV). Verwag dus vandag God se guns.
22 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min