Woord vir Vandag - 22 April 2025

Loading player...
“Die liefde van Christus hou ons vas…” 2 Korintiërs 5:14 NLV
Regeer deur God se liefde vir ons
Die kragtigste aansporing om sonde te oorkom is nie ons liefde vir Christus nie, maar sy liefde vir ons. Selfs met die beste bedoelings, is ons liefde vir Hom onderhewig aan skommelinge. Jesus het vir die kerk in Efese gesê: ‘Maar Ek het hierdie klagte teen jou: dat jy jou eerste liefde versaak het’ (Openbaring 2:4 NLV). Aan die gemeente van Laodisea het Hy gesê dat hulle liefde ‘louwarm’ geword het (sien Openbaring 3:16). Baie van ons het in ‘n kerk grootgeword waar ons vertel is dat die rede waarom ons aan sekere vleeslike begeertes toegee, is omdat ons die Here nie genoeg liefhet nie. Dus probeer ons harder, sonder sukses, en raak moedeloos. Dis soos om die kar voor die perd in te span. Dit moet egter andersom wees. Die geheim van ‘n oorwinnende Christelike lewe word nie in die poging om Jesus meer lief te hê nie, maar in ‘n openbaring van sy liefde vir jou, gevind. Dis hoekom Paulus geskryf het: ‘Die liefde van Christus hou ons vas…’ Paulus se aksies is deur die kennis van Christus se ongelooflike liefde vir hom, geregeer. As jy vandag met sondige gewoontes sukkel, bid vir ‘n openbaring van God se liefde vir jou. Dit sal die verskil maak! Paulus skryf: ‘Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees. Mag julle in staat wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan, beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word’ (Efesiërs 3:17-19 NLV).
21 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min