Woord vir Vandag - 21 April 2025

Loading player...
“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” Romeine 8:28 NLV
God weet wat goed is vir ons (2)
Carolyn Arends skryf: ‘Ons verwagtinge is nie net onrealisties nie, dis ook nie volgens die evangelie nie. Baie van ons verdraai sy belofte van ‘n oorvloedige lewe in iets wat lyk soos wat adverteerders elke dag aan ons verkoop. Hoe weerstaan ons die verwronge verwagtinge wat so diep ingeburger is? 1) Kyk na die definisies. Wanneer ek lees dat God ‘alles ten goede laat saamwerk,’ dink ek aan die adverteerders se definisie van ‘goed’ – dat dit ‘maklik,’ ‘jeugdig,’ ‘begeerlik’ of ‘ryk’ beteken. God definieer ‘goed’ heeltemal anders. Die Christene in die Nuwe Testament het geglo dat die grootste ‘goed’ is om meer soos Jesus te word. Hulle het dit as vanselfsprekend aanvaar dat die proses nie maklik sou wees nie. Hulle het verstaan dat die ‘goeie’ waarna God werk, baie meer omvangryk as een individu se omstandighede is. God is besig om sy koninkryk te vestig, ‘en om deur die Seun sy goeie verhouding met alles in die hemel en op die aarde te herstel…’ (Kolossense 1:20 NLV). Die grootste goed is om by daardie proses ingesluit te word. My hemelse Vader weet wat ek nodig het. Sy definisie van seën verskil van myne. 2) Herevalueer die dood. Ek kan ‘doodloopstrate’ in my loopbaan of verhoudings, wat geleenthede was om van rigting te verander, uitwys. As ek dink aan die energie wat ek bestee het om veranderings te weerstaan, wonder ek watter nuwe lewe ek sodoende misgeloop het. Jesus sê vir ons om te sterf sodat ons kan lewe, om al die illusies oor wat ‘n lewe goed maak, te laat gaan. Hy stap dan saam met ons terwyl ons ‘n duisend dode sterf, in die proses om ons lewe volgens sy Woord te verdiep.’
20 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min