Woord vir Vandag - 20 April 2025

Loading player...
“God het dit goedgedink… om deur die Seun sy goeie verhouding met alles… te herstel. Hierdie vrede is bewerk deur die… kruis...” Kolossense 1:19-20 NLV
God weet wat goed is vir ons (1)
Ons definisie van ‘goed’ verskil van God s’n. ‘God het dit goedgedink… om deur die Seun sy goeie verhouding met alles… te herstel. Hierdie vrede is bewerk deur die… kruis...’ Carolyn Arends skryf: ‘Tydens ’n jubelende Paasdiens het ons pastoor iets gesê wat my in my geestelike spore gestuit het: ‘Die wêreld bied beloftes vol leegheid. Paasfees bied egter leegheid vol belofte.’ ‘n Leë kruis, leë graf, leë grafklere - is alles vol belofte. As ek die paasverhaal sou skryf, dink ek nie ek sou leegheid as my simboliese gebaar gekies het nie. Ek sou egter ook nie van krag wat in swakheid sterk gemaak word (2 Korintiërs 12:9), dommigheid wat slim mense skaam maak (1 Korintiërs 1:27), sagte mense wat die aarde sal erf (Matteus 5:5) of mense wat God nodig het en deel aan sy koninkryk kry (Matteus 5:3), geskryf het nie. Ek sou definitief ook nie van sterf om sodoende te kan lewe (Johannes 12:24), geskryf het nie. Ek verstaan nie die manier wat God dink nie. Op daardie dae wat ek egter leeg en gebroke voel, maak dit my bly om te onthou dat selfs die dood vol belofte is. Ek skryf hierdie gedurende ‘n besonder lang Goeie Vrydag-seisoen in my eie lewe. My ma is met kanker gediagnoseer en ek sal lieg as ek sê dat ek in staat is om deur hierdie beproewing bly te wees (sien Jakobus 1:2). Ek bid desperaat vir genesing. Ons ly egter nie alleen nie, want die God van die heelal het vir ons sondes gesterf en die dood se angel vir ewig verwyder. Selfs wanneer ek hartseer is, kyk ek na my ma en onthou: Sonder Goeie Vrydag sou daar geen Paasoggend wees nie. Dus bid ek deur die nag en wag vir die opstanding.’
19 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min