Woord vir Vandag - 19 April 2025

Loading player...
“…Wie in My glo... sal in alle ewigheid nooit sterf nie...” Johannes 11:25
Glo jy dit?
Chuck Swindoll vertel van ‘n egpaar wat se huwelik vir vyftig jaar lank ‘n stryd was. Die man het uiteindelik gesterf en sy vrou moes vir hom ‘n grafsteen uitkies. Sy het ‘n begrafnisondernemer gekontak en vir hom gesê: ‘Ek wil nie iets oordrewe hê of baie geld spandeer nie. Graveer net die woorde: ‘AAN MY MAN’ op ’n geskikte plek op die steen. Sy het sy graf gaan besoek en tot haar afgryse hierdie woorde op sy grafsteen gelees: ‘AAN MY MAN… OP ‘N GESKIKTE PLEK.’ Swindoll skryf: ‘’n Humoristiese verhaal help om die pyn en verwarring rondom die dood te verdoof, maar op die ou einde hou die lag op omdat die dood steeds opdaag. Humor is magteloos om die die dood te keer. Onthou jy die plakker: ‘Moenie die lewe te ernstig opneem nie, jy sal dit nie lewend verlaat nie’? Die waarheid is dat ons die lewe en dood ernstig moet opneem, want ons verlaat dit lewendig. Ons almal staar lewe na die dood in die gesig, want ons almal het ewige siele. Ons almal gaan vir ewig êrens lewe. Die vraag is waarheen. Die waarheen hang van die volgende vraag van Jesus af: ‘…Wie in My glo... sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit…?’ Slegs Jesus het die krag van opstanding. Die versekering wat ons het om vir ewig saam met Hom in die hemel te leef, hang van ons antwoord af. As ons ‘Ja’ sê deur vir Jesus te vra om ons sondes te vergewe en ons te verbind om Hom as Here te volg – dan, en slegs dan, het ons sy lewenskrag tot ons beskikking. Slegs dan kan ons die einde van ons lewe met ‘n kalm verwagting inwag.’
18 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min