Woord vir Vandag - 18 April 2025

Loading player...
“As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het.” Romeine 5:1 NLV
Dubbele strafvervolging
In die regstelsel is daar iets wat as ‘die wet van dubbele strafvervolging,’ bekend staan. Dit beteken dat jy nie twee keer vir dieselfde misdaad verhoor kan word nie. Kom ons pas hierdie beginsel op jou redding toe. Jesus is reeds verhoor en het vir jou sondes gesterf – almal van hulle! Moet dus nie toelaat dat Satan, die aanklaer, jou oorreed dat God jou gaan straf en jou hel toe gaan stuur nie. Christus se laaste woorde aan die kruis: ‘…Dit is nou afgehandel!..’ (Johannes 19:30 NLV), word in die Griekse teks vertaal as ‘ten volle betaal.’ Al jou sondes – in die verlede, die hede en die toekoms – is op Golgota versoen. Dink aan die woord ‘afgehandel.’ Stel jou voor dat ‘n meester skrynwerker die laaste afwerking aan ‘n pragtige tafel doen. Sal jy ‘n stuk skuurpapier neem en sê: ‘Ek dink ek kan hierdie 'n bietjie beter laat lyk en dit ‘n bietjie meer waarde gee?’ Die skrynwerker sal sê: ‘Hou op; as jy daaraan raak, gaan jy dit verwoes!’ Hy sal reg wees. Dieselfde geld vir jou verlossing. Jy kan niks daarby voeg nie, maar deur dit deur jou prestasie en goeie werke te probeer verdien, kan jy beslis iets daarvan wegneem. Die woord ‘geregverdig’ beteken regverdig in die oë van God gemaak. Die oomblik wat jy jou vertroue in Christus as jou Verlosser plaas, is dit hoe God jou sien. ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het. Deur Jesus Christus het ons op grond van die geloof toegang verkry tot hierdie heerlike posisie van genade waarin ons ons nou bevind…’ (verse 1-2 NLV). Hoe kan jy geklee in genade voor God staan? Alleenlik deur geloof in Christus.
17 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min