Woord vir Vandag - 17 April 2025

Loading player...
“Hy moes deur Samaria reis.” Johannes 4:4 NLV
Jy is nie buite God se bereik nie.
Die Bybel sê: ‘Dus het [Jesus] Judea verlaat en weer na Galilea toe vertrek. Hy moes deur Samaria reis’ (verse 3-4 NLV). Samaria is nie op die pad na Galilea toe nie. Dit is inderwaarheid myle uit die pad uit. Tog sê die Bybel dat Jesus deur Samaria moes reis. Dink daaroor: Dit was ‘n lang reis en Hy was te voet. Dit was warm. As Jood sou Hy nie in Samaria verwelkom word nie, as gevolg van ‘n vyandigheid wat al lank tussen Jode en Samaritane bestaan het. Wat die vrou wat Hy by die put gaan ontmoet het betref, is vroue in daardie kultuur verbied om met mans buite hul eie familie te praat. Die mense op die dorp het ook vreeslik oor hierdie vrou geskinder, omdat sy al deur vyf egskeidings was. Hoekom het Jesus dan gevoel dat Hy soontoe moes gaan? Omdat Hy hierdie vrou as ‘n ruwe diamant gesien het. Terwyl die mense rondom haar oor haar verlede en probleme gepraat het, het Jesus haar potensiaal vir sy koninkryk raakgesien. ‘Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou…’ (vers 39 NLV). Om Galilea volgens God se skedule te bereik, moes Jesus die menslike skedule by die venster uitgooi. Sy skedule het Hom egter nie beheer nie. Wat het dan? Die wil van God en die behoeftes van mense wat seer het. Hy was gewillig om uit sy pad te gaan, tradisie op sy kop te keer en nuwe grond te breek om dit te doen. Wat van jou? Kan God jou planne onderbreek? As Hy kan, kan Hy jou gebruik. Bid die volgende: ‘Here, wys my wat ek vandag moet doen om U te behaag.’
16 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min