Woord vir Vandag - 15 April 2025

Loading player...
“…Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.” Eksodus 14:15 AFR83
Vrees is die vyand van groei
As jy wil groei, moet jy die vrees om foute te maak, oorkom. Soos die skrywer en professor Warren Bennis dit stel: ‘’n Fout is eenvoudig ‘n ander manier om iets te doen.’ Verwag dus om foute te maak en aanvaar dit as ‘n teken dat jy in die regte rigting beweeg. Met die Rietsee voor hulle en farao se oorlogswaens agter hulle, het die kinders van Israel begin paniekerig raak. ‘Toe het die Here vir Moses gesê: ‘Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek’’ (vers 15 AFR83). Toe hulle dit doen, het die Rietsee ‘n pad na oorwinning en ‘n begraafplaas vir die vyand wat hulle gevrees het, geword. As jy eers die ‘beste pad’ of die ‘perfekte pad’ wil vind, sal jy nooit êrens kom nie. Dis soos om op ‘n onbekende pad in die nag te bestuur. Die ideaal is dat jy jou hele roete sal wil sien voordat jy wegtrek. Jy sien dit egter net bietjie vir bietjie. Soos jy vorentoe beweeg, word meer van die pad aan jou geopenbaar. As jy dus meer van die pad wil sien, moet jy begin beweeg. Maak ‘n verbintenis met jouself om met jou groeiplan te begin en vir ten minste twaalf maande daarby te hou. As jy dit doen, sal jy ‘n liefde vir die proses ontwikkel en aan die einde van die jaar sal jy kan sien hoe ver jy gevorder het. ‘Maak jou woning groter. Span jou tent wyer, en moenie huiwer nie. Maak die tentlyne langer en slaan die penne dieper in. Want jy sal na links en regs uitbrei…’ (Jesaja 54:2-3 NLV).
14 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min