Woord vir Vandag - 14 April 2025

Loading player...
“Al maak hy my dood, ek sal op hom vertrou…” Job 13:15 Kontemporêre Afrikaanse Bybel (KAB)
Hou aan om God te vertrou
Die verhaal van Job lees as volg: In die eerste hoofstuk is hy een van die rykste mans van sy generasie. In die tweede hoofstuk verloor hy alles, insluitend sy rykdom, sy gesondheid en sy kinders. Teen hoofstuk 42 is hy weer op die boonste sport van die leer. Sal jy nie graag wil weet wat van die derde hoofstuk tot die 41ste hoofstuk plaasgevind het nie? Indien wel, moet jy die boek van Job lees en uitvind hoe hy alles gehad het, dit alles verloor het, alles teruggekry het en met twee keer meer as wat hy gehad het, opgeëindig het. Het Job onbeantwoorde vrae gehad? Baie daarvan. Het hy smart beleef? Ja, op ‘n skaal wat moeilik is om jou dit in te dink. Job het egter nooit sy mening oor God verander nie en God het nooit sy mening oor Job verander nie. Hierdie Skrifgedeelte som Job se houding die beste op: ‘Al maak hy my dood, ek sal op hom vertrou…’ As jy tans op ‘n plek vasgevang is wat jy nie verstaan nie, moenie tou opgooi nie. Wanneer jy nie jou omstandighede verstaan nie en dit voel of dit meer is as wat jy kan hanteer, staan op hierdie wonderlike Bybelse belofte: ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here, want die Here God is vir altyd ‘n veilige toevlug’ (Jesaja 26:3-4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – hou aan om op God te vertrou en Hy sal jou daardeur bring.
14 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min