Woord vir Vandag - 13 April 2025

Loading player...
“en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.” Romeine 11:29 NLV
Gebruik jou gawes en bedien ander
Wanneer God aan ons ‘n geestelike gawe gee, neem Hy dit nie terug nie, ‘en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.’ As God dit nie doen nie, moet ons ook nie! Paulus skryf: ‘…as ander gelowiges aan die een of ander sonde toegee, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, hulle dadelik reghelp. Bring hulle terug op die regte pad sonder om hulle te veroordeel. Tree vol deernis op… Sien raak wanneer ander gelowiges swaarkry en help hulle. Tel hulle probleme op julle skouers en dra dit vir hulle. So doen julle presies wat Christus van julle verwag… As julle dink dat julle te belangrik is om vir ander mense om te gee, begryp julle net mooi niks van die evangelie nie’ (Galasiërs 6:1-3 DB). Wanneer ‘n broer of suster in Christus die pad byster raak, sê die Bybel vir ons wat ons moet doen: Ons moet hulle liefdevol konfronteer, korrigeer, raad gee en hulle bedek. Die Bybel sê: ‘…Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV). Om die sondes ‘toe te maak’ beteken nie dat dit toegesmeer word nie. Dit beteken om ‘n plek van skuiling en herstel te bied waar hulle heel gemaak kan word. Die wêreld hou ons dop om te sien hoe ons dit hanteer. As ons diegene tussen ons wat struikel weggooi, hoekom sal die wêreld dan na ons vir hulp draai? Jesus het ‘n blinde man genees deur klei op sy oë te vryf en vir hom te sê om dit in die Siloam-bad te gaan afwas. Hoe ver was die bad? Ons weet nie. Hy het egter iemand nodig gehad om sy hand vas te hou en saam met hom te loop totdat hy dit bereik het en sy sig herstel is. Dit is waarvoor ons geroep is.
12 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min