Woord vir Vandag - 12 April 2025

Loading player...
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie…” Efesiërs 6:12 AFR53
Verwag om te ‘worstel’
Die nuwe geboorte bring ‘n nuwe stryd tussen jou wedergebore gees en jou onwedergebore liggaam, wat steeds na ou begeertes smag en aan ou neigings vashou, mee. Paulus beskryf dit as ‘n worstelstryd. ‘Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly’ (verse 12-13 AFR53). Die wenner in ‘n worstelstryd is die een wat steeds staande is wanneer die stryd verby is. Dink dus aan ‘n stoeigeveg en jy sal ‘n idee kry waarteen jy elke dag te staan kom. Om hulleself voor te berei, oefen die vegters vir ure lank. Elkeen weet dat hulle twee dinge nodig het om te wen: krag en ‘n strategie. Hulle het egter meer as dit nodig: hulle het ook vasberadenheid en uithouvermoë nodig. Elkeen weet ook dat dit baie belangrik is om nie hulle opponent te onderskat nie! ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly…’ (1 Petrus 5:8-9 NLV). Moet dus nie probeer om Satan in jou eie krag te verslaan nie en moenie jou waaksaamheid vir ‘n oomblik laat verslap nie, want jy sal verloor. Paulus skryf: ‘Die bedoeling is dat ons nie deur die Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!’ (2 Korintiërs 2:11 NLV). Verwag dus om te ‘worstel,’ en verwag om te wen.
11 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min