Woord vir Vandag - 11 April 2025

Loading player...
“Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak… Julle is die lig wat die wêreld moet verlig…” Matteus 5:13-14 NLV
Jy is geroep om sout en lig te wees
Jesus het vir ons twee alledaagse metafore gegee sodat ons duidelik kon verstaan hoe Hy wil hê ons Hom elke dag moet dien en verteenwoordig. 1) Sout. Die enigste ding wat sout kan bedreig is om vir so lank in ‘n soutpot te wees dat dit klam word, sy geur verloor en nie meer gestrooi kan word nie. Jesus het gesê: ‘Julle is die sout wat die aarde ‘n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word’ (vers 13 NLV). Dis nie genoeg om goeie preke te geniet en ryke insigte uit jou Bybelstudie te kry nie; jy word geroep om dit te deel en dit op ander mense uit te strooi. 2) Lig. In plaas daarvan om jou van die wêreld te isoleer, is jy veronderstel om dit te verlig. Donker is nie vir die lig ‘n bedreiging nie; dis waar die lig sy beste werk doen. Jesus het gesê: ‘Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ‘n Mens steek ook nie ‘n lamp op en maak dit dan onder ‘n emmer toe nie. Allesbehalwe! Jy sit dit bo-op ‘n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ‘n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien, en julle hemelse Vader daarvoor prys!’ (verse 14-16 NLV). In ‘n wêreld van toenemende wanhoop, is jy geroep om die lig van die evangelie aan diegene wat in geestelike donkerte leef, te bring. Die woord vir jou vandag is dus – wees sout en lig.
10 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min