Woord vir Vandag - 9 April 2025

Loading player...
“Jy het my baie dinge hoor leer… Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV
Dra dit aan ander oor
Wat is jou lewensdoel? Oorlewing of sukses? Sommige van ons ly aan die ‘eendsindroom.’ Ons kom kalm op die oppervlak voor, maar onder die oppervlak skop en roei ons verwoed. Ons dink: ‘Ek is bly die mense rondom my weet nie hoe min ek weet nie,’ en ons hou hulle op ‘n afstand in die hoop dat hulle nooit sal uitvind nie. God wil nie hê dat jy as die bron van jou eie krag en wysheid moet lewe nie. Dawid het geskryf: ‘Die Here is my lig en my redding. Vir wie moet ek dan vrees?..’ (Psalm 27:1 NLV). Aan die ander kant streef sommige van ons na ‘n selfgesentreerde vorm van sukses wat by ons begin en eindig. Ons bekommer ons net oor onsself. Wanneer dit jou doelwit is, kan God jou nie met sukses vertrou nie, omdat jou motiewe elke beginsel in sy Woord oortree. God het vir Abraham gesê: ‘…Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ‘n seën sal wees’ (Genesis 12:2 NLV). Wanneer jou hart se bedoeling is om ander mense te seën, sal God dit wat jy aanpak, seën. Jesus het gesê: ‘…Ek [het] julle uitgekies… om julle in staat te stel om te gaan vrugte dra, vrugte wat sal hou…’ (Johannes 15:16 NLV). ‘n Deel van God se plan vir jou lewe is om dit wat Hy aan jou toevertrou het, aan ander oor te dra. Daar is geen blywende sukses as daar nie iemand is om dit op te volg nie. Dis hoekom Paulus geskryf het: ‘Jy het my baie dinge hoor leer… Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.’ Die woord vir jou vandag is dus – dra dit aan ander oor.
8 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min