DA steeds verbind tot RNA

--:--
Die DA-leier John Steenhuisen het die party se verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig, met die klem op samewerking eerder as oorheersing. Steenhuisen het op 'n DA-veldtog in Phoenix, erkenning gegee aan die DA se bydraes tot die koalisie en die belangrikheid van gesamentlike pogings beklemtoon. Hy het herhaal dat geen party 'n meerderheid van 51-persent behaal het nie en het die DA se doelwit om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder, uitgelig:
6 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Werkloosheidsprotes-betogers kry werk: Amushelelo

Die aktivis Michael Amushelelo het 'n opdatering gegee oor sy werkloosheidsprotes van 21 Maart verlede jaar. Na die protes het betogers op regeringskantore toegesak en hul CV's by die arbeidministerie ingehandig. Volgens Amushelelo het verskeie van die betogers werksaanbiedinge gekry en sommige het reeds werk bekom. Kosmos 94.1 Nuus het…
15 Apr 8AM 1 min

Afrika moet gesondheidstelsels versterk: Motsoaledi

Die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, het ’n beroep gedoen op Afrika-leiers om hulle ingesteldheid te verander en hulle aangemoedig om in plaaslike gesondheidstelsels te belê en dit te versterk. Hy het tydens 'n toespraak op die G20 Hoëvlak- Ministeriële Dialoog beklemtoon dat gesondheid as ’n belegging beskou moet word. Motsoaledi het…
15 Apr 8AM 1 min

Stad Windhoek vul vakante raadsposte

Stad Windhoek het nuwe raadslede aangestel na Job Amupanda en Sam Nujoma jnr. se vertrek uit die munisipaliteit. Affirmative Repositioning-partylid Maitjituavi Kavetu vervang Amupanda en Swapo se Mathew Shoongo vervang Nujoma. Die stad se uitvoerende hoof Moses Matyayi het meer.
15 Apr 8AM 1 min

Stop bevordering van formulemelk: UWK-akademici

Akademici aan die Universiteit van die Wes-Kaap doen ʼn beroep op Suid-Afrikaanse gesondheidsverenigings om borgskappe van kommersiële formulemelk-vervaardigers te beëindig. Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds het duidelike riglyne uitgereik en vra gesondheidsorginstellings en beroepsverenigings om borgskappe van die formulemelk-bedryf te weier. ʼn Dosent aan die UWK, Katie…
15 Apr 8AM 1 min

Vertraging in herbou van parlement is pligsversuim - BOSA

Build One South Africa het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gekritiseer en sê hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir die vertraging met die herbou van die Parlement in Kaapstad nie. Werk begin na verwagting volgende maand aan die Ou Volksraadgebou, wat erg beskadig is in 'n brand…
15 Apr 6AM 1 min