
Werkloosheidsprotes-betogers kry werk: Amushelelo
--:--
Die aktivis Michael Amushelelo het 'n opdatering gegee oor sy werkloosheidsprotes van 21 Maart verlede jaar. Na die protes het betogers op regeringskantore toegesak en hul CV's by die arbeidministerie ingehandig. Volgens Amushelelo het verskeie van die betogers werksaanbiedinge gekry en sommige het reeds werk bekom. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels.