
Vertraging in herbou van parlement is pligsversuim - BOSA
--:--
Build One South Africa het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gekritiseer en sê hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir die vertraging met die herbou van die Parlement in Kaapstad nie. Werk begin na verwagting volgende maand aan die Ou Volksraadgebou, wat erg beskadig is in 'n brand op 2 Januarie 2022. BOSA se woordvoerder, Roger Solomon, sê die minister het erken hy het in November verlede jaar laas inligting hieroor ontvang en beskryf dit as pligsversuim: