
Stop bevordering van formulemelk: UWK-akademici
--:--
Akademici aan die Universiteit van die Wes-Kaap doen ʼn beroep op Suid-Afrikaanse gesondheidsverenigings om borgskappe van kommersiële formulemelk-vervaardigers te beëindig. Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Verenigde Nasies se Kinderfonds het duidelike riglyne uitgereik en vra gesondheidsorginstellings en beroepsverenigings om borgskappe van die formulemelk-bedryf te weier. ʼn Dosent aan die UWK, Katie Pereira-Kotze, sê ten spyte van die welbekende voordele van borsmelk, brei die formulemelkbedryf uit weens aggressiewe bemarkingstrategieë: