
Dis hoe VSA-tariewe Namibië gaan raak
--:--
Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe sluit in 'n 21 persent tarief op Namibiese invoere. Handel tussen die twee lande het in 2024 sowat 7,8 miljard Namibiese dollar beloop, met Amerikaanse uitvoere na Namibië wat gedaal het, terwyl die land se invoere uit Namibië skerp gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus ekonoom Robert McGregor, oor hoe die nuwe tariewe Namibië sal raak.