
SA Onder-17 sokkerspan kwalifiseer vir Wêreldbeker in Katar
--:--
Sokker: Die Onder-17 Suid-Afrikaanse nasionale seunspan het gekwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Katar in November - die eerste keer sedert 2015. Afrigter Vela Khumalo se span het hierdie deurbraak behaal as naaswenners in Groep B met Burkina Faso as groepswenner in die Afrikabekertoernooi wat tans in Marokko plaasvind. Suid-Afrika is die vierde keer deur na die toernooi se uitklopfase. Khumalo sê hy is verheug namens sy spelers.