
Eerste minister reageer op Usakos-grumoorde van ouma, kleinkinders
--:--
Die land is steeds in skok na die grumoorde Saterdagnag in Usakos op 'n 90-jarige vrou, vier van haar jong kleinkinders en haar 18-jarige kleindogter. 'n 17-jarige familielid is van hul moord aangekla na hy hulle met onder meer 'n byl aangerand en hul liggame aan die brand gesteek het. Die regering het ook op die saak gereageer en president Netumbo Nandi-Ndaitwah het aanbeveel dat eerste minister Elijah Ngurare die bedroefde familie besoek. Ngurare het oor die tragedie gepraat.