
Bank van Namibië waarsku oor vals beleggingsvideo
--:--
Die Bank van Namibië het 'n waarskuwing aan die publiek uitgereik oor 'n valse video wat op sosiale media versprei word. Die video is met KI vervaardig. In die video nooi die goewerneur van die Sentrale Bank, Johannes! Gawaxab, Namibiërs om in 'n sogenaamde geleentheid vir topontwikkelaars te belê. Josefina Oskar, die bank se kommunikasiebeampte, waarsku dat alle amptelike kommunikasie van die bank self sal kom.