Woord vir Vandag - 8 April 2025

Loading player...
“Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.” Romeine 14:19 NLV
Kom ons respekteer mekaar se verskille
Paulus sou nie ‘n duim toegee as dit by die sentrale waarhede van die Skrif gekom het nie. Wanneer dit egter by tradisies, persoonlike opinies en persoonlike voorkeure gekom het, het hy gesê: ‘…Elkeen behoort seker te maak van sy eie oortuiging in die verband’ (vers 5 NLV). Onder die wet van Moses was die besnydenis gelykstaande aan ‘n verbond tussen jou en God. Toe nie-Joodse gelowiges dus by die Nuwe Testamentiese kerk aangesluit het, het Joodse gelowiges daarop aangedring dat hulle ook besny moet word. Nie as babas nie, maar as volwassenes! Was hierdie Joodse gelowiges opreg? Absoluut. Hulle was egter opreg mislei. Toe die kwessie gedreig het om die kerk in twee te skeur, het die apostels in Jerusalem bymekaar gekom, oor die saak gebid en die volgende opinie uitgereik: ‘Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verder las op julle te lê nie, behalwe die volgende voorskrifte’ (Handelinge 15:28 NLV). Wanneer ‘n tradisie of persoonlike voorkeur gelyk in gesag aan God se Woord word, het ons te ver gegaan. Was jy ontsteld oor iemand wat nie met jou oor een of ander onbelangrike punt van leerstelling saamgestem het nie? Was jy krities oor iemand wie se opinie van joune verskil het? Miskien het jy, deur op jou lys van moets en moenies aan te dring, die belangrikste item op God se lys vergeet: dat ons liefde teenoor mekaar moet betoon. Jesus het gesê: ‘As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is’ (Johannes 13:35 NLV). Ons harte kan een wees, selfs wanneer ons gedagtes nie saamstem nie. Ons kan hand aan hand loop, sonder dat ons dieselfde dink. Soos teoloë dikwels sê: ‘In noodsaaklike dinge, eenheid. In alles anders, liefdadigheid!’
7 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min