Woord vir Vandag - 7 April 2025

Loading player...
“Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.” Psalm 37:24 NLV
Hoe om die vrees vir mislukking te oorkom
Elke geleentheid in die lewe bring twee dinge mee: die moontlikheid om sukses te behaal; of die moontlikheid om te misluk. Wanneer jy die einde van jou lewe bereik, sal jou grootste spyt nie oor jou mislukkings wees nie, maar oor die geleenthede wat jy nie aangegryp het nie omdat jy bang was om te misluk. Hier is ‘n paar beginsels om jou te help om die vrees vir mislukking te oorkom: 1) Wees gewillig om te probeer en te misluk. Wanneer dit gebeur, vertel mense daarvan. Hoekom? Omdat jy dan sal agterkom dat mislukking nie noodlottig is nie. 2) Vind ‘n projek wat so groot is dat jy dit nie sonder God se hulp kan aanpak nie en wy jouself dan daaraan toe. 3) Bring tyd saam met impulsiewe mense deur. Let op hoe hulle risiko’s neem. Deur te sien en na te boots is ‘n goeie manier om te leer. 4) Die manier om te leer hoe om groot treë in geloof te neem, is deur klein treë in geloof te neem. Komplimenteer iemand wat jy nie ken nie. Wees gewillig om ‘n addisionele taak by die werk aan te pak. Gaan uit jou pad om iemand in nood te help. 5) Verklaar oorlog teen perfeksionisme. In plaas daarvan om te wag tot jy dit perfek kan doen, doen jou bes en sê vir jouself: ‘Dis goed genoeg vir nou.’ 6) Wees bang maar gehoorsaam God in elk geval. Jy sal nooit jou vrese totaal oorwin nie, maar jy kan dit verminder tot waar dit minder beheer oor jou lewe het. Hier is ‘n belofte waarop jy kan staan: ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (verse 23-24 NLV).
6 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min