Woord vir Vandag - 6 April 2025

Loading player...
“Net toe hulle gaan sit… sien hulle… ‘n groep Ismaelitiese handelaars wat gom, balsem en hars vanaf Gilead na Egipte toe neem.” Genesis 37:25 NLV
Die oupa se fout het die kleinseun se wonderwerk geword
As Abraham en Sara bereid was om net ‘n bietjie langer te wag, sou Isak gebore word en God se belofte vervul gewees het. Hulle het egter ongeduldig geword en gevolglik is Ismael gebore. Een van die name wat aan God in die Skrif gegee word, is ‘Verlosser,’ omdat Hy jou van jou foute kan verlos en dit in ‘n leerervaring kan verander; Hy kan die gemors wat jy maak in die wonderwerk wat jy nodig het, verander. Dit het drie generasies geneem, maar God het die gemors wat Abraham gemaak het in die wonderwerk van bevryding wat Josef nodig gehad het, verander. Josef se lotsbestemming was om oor Egipte te heers en sy familie en die wêreld in ‘n tyd van hongersnood te red. Omdat sy broers egter wrokkig oor hom gevoel het, het hulle hom as slaaf aan ‘n groep Ismaelitiese handelaars verkoop. Hulle was die nageslag van Ismael, wat vir Abraham en Hagar, Sara se slavin, gebore is. Waarheen was hierdie Ismaeliete op pad? Egipte toe! ‘Net toe hulle gaan sit… sien hulle… ‘n groep Ismaelitiese handelaars wat gom, balsem en hars vanaf Gilead na Egipte toe neem… Toe die handelaars by hulle verbykom, trek die broers vir Josef op uit die put. Daarna verkoop hulle hom vir twintig stukke silwer. Die Ismaelitiese handelaars het hom saamgeneem Egipte toe’ (verse 25, 28 NLV). Dis nie verby nie totdat God sê dis verby. Hy kan die gemors wat jy in die verlede gemaak het in ‘n wonderwerk wat jy in die toekoms gaan benodig, omskep. Hierdie wonderwerk sal nie net jou nie, maar ook ander mense seën. Miskien sal daardie ander mense jou eie familie wees, net soos in Josef se geval.
5 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min