Woord vir Vandag - 5 April 2025

Loading player...
“…Boas die pa van Obed by Rut…” Matteus 1:5 NLV
Die beste kom nog
Menslik gesproke was die kans dat ‘n nie-Joodse meisie soos Rut, met ‘n ryk Jood soos Boas sou trou minder as nul, omdat die wet van Moses dit verbied het: ‘Geen Ammoniet of Moabiet of enige van hulle nageslag tot in die tiende generasie mag ingesluit word in die vergadering van die Here nie’ (Deuteronomium 23:3 NLV). As daar nou ooit ‘n deur was wat toegemaak en gesluit was, was dit hierdie een. God heers egter oor mense en omstandighede. ‘…Hy wat die sleutel van Dawid hou en deure oopsluit, en niemand kan dit toesluit nie; Hy sluit en niemand kan dit weer oopmaak nie’ (Openbaring 3:7 NLV). God, nie mense nie, hou die sleutel van jou toekoms vas. Jesus het gesê: ‘…Dié dinge wat by mense onmoontlik is, is juis by God moontlik’ (Lukas 18:27 NLV). Uit hierdie ongewone kombinasie van Jood en nie-Jood, ryk en arm, aanvaar en verwerp, sou Jesus, die Verlosser van die wêreld, voortgebring word. Die rekord lees dus: ‘…Boas die pa van Obed by Rut…’ Die woord vir jou vandag is – die beste kom nog. Jou pad met Christus kan vrugte voortbring, wat jou kinders en kleinkinders vir generasies wat nog kom sal, seën. Lewe in die hede en geniet elke dag wat God vir jou gee, maar hou altyd die toekoms in gedagte. Dis gaan nie net daaroor wat God vir jou wil doen nie, maar wat Hy deur jou, wat ander mense sal seën, wil doen. God het vir Abraham gesê: ‘Ek sal jou die voorvader maak van ‘n groot nasie. Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ‘n seën sal wees… Deur jou sal al die nasies op die aarde geseën word’ (Genesis 12:2-3 NLV). Eis hierdie belofte op!
4 Apr 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min