
Politieke onmin bedreig regering van eenheid in SA
--:--
Die politieke toneel in Suid-Afrika is tans een van onsekerheid, met kenners wat waarsku dat daar 'n rowwe tyd voorlê. Die onmin tussen die DA en ANC oor die begroting en ander wette hou 'n bedreiging in vir die regering van nasionale eenheid. Kenners waarsku dat die DA nie self uit die regering moet stap nie, want dan kan die party die sondebok gemaak word vir moontlike onstabiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat wat sy mening lug.