
MK sê hy’s nie nalatig oor sy setels nie
--:--
Die MK-party ontken dat nalatigheid die rede is vir sy vyf beskikbare plekke in die Parlement. Sekretaris-generaal Floyd Shivambu sê die setels sal na 29 Mei gevul word in ooreenstemming met die verkiesingstydlyn. Hy voeg by die party gaan hierdie reël uitdaag. MK het hom ook gedistansieer van die Parlement se 2025-begrotingsraamwerk en sê hy kan nie die skuld vir die stemuitslag kry nie, al was tien parlementslede afwesig: