
Hele land 'sal inligting kry oor MPV-inentingsveldtog by skole'
--:--
Die gesondheidministerie het aangekondig dat hy op 2 Junie 'n inentingsveldtog teen menslike papilloomvirus, of MPV, by skole sal begin vir meisies tussen 9 en 14 jaar oud. Die LPM-parlementslid Eneas Emvula het in die Nasionale Vergadering gevra of daar 'n sensitiseringsveldtog deur die onderwysministerie was oor die inentings. Gesondheidminister Esperance Luvindao het sy vraag so beantwoord.