
Eerste minister klap sweep oor dienslewering, noodreaksie
--:--
Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep gedoen op 'n volledige hersiening van openbare dienslewering. Ngurare het die belangrikheid van aanspreeklikheid, prestasiebestuur en noodgereedheid beklemtoon en sê dat die regering se reaksie vinnig en doeltreffend moet wees. Hy sê gemeenskappe moet voordeel trek uit regeringsbronne.