Slot sê sy manne is nie moeg nie

--:--
Die voorlopers Liverpool het slegs hulle tweede Premierliga nederlaag van die seisoen gelei toe hulle met 3-2 teen Fulham op Craven Cottage verloor het. Arno Slot se span het die kans verbrou om met 14 punte teen Arsenal voor te loop. Die heersende kampioene, Manchester City, het met nul-nul gelykop gespeel teen Manchester United op Old Trafford. Southhampton is uit die Premierliga met nog sewe wedstryde oor na hy met 3-1 teen Tottenham Hotspur die spit afgebyt het. Slot ontken dat moegheid 'n probleem vir sy spelers is:
7 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika moet regmaak vir KI-losprysware: NAM-CSIRT

Terwyl Afrika digitale groei omarm, staar dit toenemende bedreigings in die gesig van KI-aangedrewe losprysware, of sagteware wat aanpas om opsporing te ontduik en hoë waarde-stelsels te teiken. Beduidende aanvalle het reeds sektore soos finansies en gesondheidsorg in vele lande getref. In reaksie hierop wend organisasies hulself tot AI-aangedrewe kuberveiligheidsinstrumente…
15 Apr 12PM 1 min

KZN staar weer vloede en skade in die gesig

Die eThekwini Munisipaliteit versoek inwoners om uiters versigtig te wees tydens die gure weerstoestande wat tot môre sal voortduur. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n vlak 4-weerwaarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en wydverspreide buie in die hele KwaZulu-Natal. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die aanhoudende reën kan lei tot…
15 Apr 12PM 1 min

Hele land 'sal inligting kry oor MPV-inentingsveldtog by skole'

Die gesondheidministerie het aangekondig dat hy op 2 Junie 'n inentingsveldtog teen menslike papilloomvirus, of MPV, by skole sal begin vir meisies tussen 9 en 14 jaar oud. Die LPM-parlementslid Eneas Emvula het in die Nasionale Vergadering gevra of daar 'n sensitiseringsveldtog deur die onderwysministerie was oor die inentings. Gesondheidminister…
15 Apr 11AM 1 min

AfriForum Jeug ontstoke oor sangoma-seremonie in Potch koshuis

AfriForum Jeug eis 'n ondersoek nadat 'n tradisionele geneser-seremonie in 'n vrouekoshuis by die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit uitgevoer is. Die groep sê die voorval, wat bestaan het uit harde gille en voorvaderlike gebede, het Saterdagaand gebeur en die ander studente ontstel. Yvonne Gerber van AfriForum Jeug wil hê…
15 Apr 11AM 1 min

Eerste minister klap sweep oor dienslewering, noodreaksie

Eerste minister Elijah Ngurare het 'n beroep gedoen op 'n volledige hersiening van openbare dienslewering. Ngurare het die belangrikheid van aanspreeklikheid, prestasiebestuur en noodgereedheid beklemtoon en sê dat die regering se reaksie vinnig en doeltreffend moet wees. Hy sê gemeenskappe moet voordeel trek uit regeringsbronne.
15 Apr 10AM 1 min