
Mimi vat Johannesburg Ope
--:--
Mimi Rhodes van Engeland het die Johannesburgse Vroue-Ope by die Modderfontein-gholfklub met een hou gewen en haar tweede agtereenvolgende Europese Toer-titel vir Vroue opgeraap. Die 23-jarige speler het ʼn ronde van twee onder 71 behaal om op 14 onder eerste op die voorlopersbord te eindig. Die Suid-Afrikaner, Casandra Alexander, het in die laaste ronde 69 behaal om tweede te eindig op 13 onder baansyfer, terwyl Helen Briem van Duitsland derde is. Rhodes gee erkenning aan Alexander, wat haar na die laaste putjie geneem het: